Watter tipe opvoeder is jy?
Watter tipe opvoeder is jy?
In my kort tydjie as opvoeder en my 12 jaar as leerder, het ek nou al besef dat daar baie verskillende tipes opvoeders is.
Soos enige ander leerder, het ek ook toe ek op hoërskool was gunsteling onderwysers gehad. Dit is natuurlik die onderwysers en onderwyseresse wat ek die beste onthou.
Mev. Lingenfelder was my onderwyseres vir Afrikaans. Ek onthou haar helder seegroen oë, maar meestal hoe passievol sy was oor Afrikaans, hoe baie sy omgegee het vir ons, hoe baie moeite sy gedoen het vir ons en hoe sy “Kringe in ‘n bos” oor en oor met ons deur gewerk het.
Dan was daar ook Mnr. Hubinger, my isiXhosa onderwyser, wat dit reg gekry het om isiXhosa toeganklik te maak vir ‘n klas vol wit middelklas leerders wie se enigste blootstelling aan isiXhosa op daardie stadium, die isiXhosa-nuus was. Ek onthou hoe maklik hy isiXhosa laat lyk het, en hoe hy ons aangemoedig het.
Mev. Louw was my Kunsgeskiedenis onderwyseres. Sy het vir ons boeke vol skilderye gewys en kon met soveel entoesiasme oor die skilderye praat, dat sy vir ons ook entoesiasties daaroor gemaak het. Dit is te danke aan haar moeite en passie dat ek op die ou end so suksesvol was in Kunsgeskiedenis en dit nou nog een van my belangstellings is.
As ek dink aan hierdie, en ander, opvoeders wat my skoolloopbaan gevorm het, besef ek dat die kwaliteite wat, in my seining, die belangrikste is vir ‘n opvoeder om te hê, passie vir ‘n vak en empatie met leerders is. Natuurlik gaan dit gepaard met ander kwaliteite ook, maar sonder hierdie kwaliteite is dit nie aangenaam vir ‘n leerder om ‘n vak te neem nie en is die akademiese resultate gewoonlik ook nie so suksesvol nie.
Ek dink dat dit belangrik is dat elke opvoeder besluit watter tipe opvoeder hy/sy wil wees. Te veel word ons vasgevang in ‘n roetine waar die fokus weg beweeg van passie en empatie, en eerder val op dissipline en taak-voltooiing. Dit is nie dat hierdie dinge onbelangrik is nie, inteendeel daar sonder sal ons glad nie kan skoolhou nie, maar wanneer ons as opvoeders nie meer passie het vir ons vakke nie en ook nie meer empatie het met die leerders nie, word ons roeping as opvoeders ‘n vervelige, betekenislose aktiwiteit.
Ek dink daarom dat dit belangrik is dat ons as opvoeders her-evalueer watter tipe opvoeders ons is, en besluit of ons self die tipe opvoeders is wat ons die meeste waardeer het toe ons op skool was…
Teacher's Monthly experience
Great topic Nadz!
I also have lots of memories about my many teachers over the years.
My favourite teacher was an Afrikaans teacher called Mr Naude who took me in high school.
I don’t think anyone actually knew who the real Mr Naude was because every day he seemed to be putting on an act. He told us his first name was Ralph but it was really Paul!
Great article! I will always fondly remember the teachers who were passionate about what they were doing. Oddly enough, I will also remember the teachers for whom the task of teaching seemed to be only a source of income … and I’ve never quite been able to say anything nice about them.
Definetief Nadia. Selfs die dissiplin waarmee jy gepraat het, sal nooit ‘n kop kan uittrek nie as daai passie en empatie daar is. Those two ingredients, when in use, evoke chemistry between the teacher and the learners, and once locked in that chemistry, no bad behaviour, not even domestic problem of learner can surface. All concerned become lost in the content of what you are teaching. Thumbs up Nadia!
I have a grade 8 learner in a model C school where I pay alot of money. However the quality of the education they are giving the children is so band that you sit with grade average in Maths and Science between 40% & 50%. Half of the learners has private tutors that cost the parents about R2000 a month.We are not able to address the matter with the school. The teachers don`t teach in class and when the learners ask for assistance they are told by the teachers they are busy.
I have consider taking my child out of the school, putting him in a ordinary goverment school where I don`t have for fork out R10 000+ per annum and then I will invest in a tutor as than I know what I am getting is what I am paying for.
Desiree, is your child in a private school or a former model C school? Former model C schools are government schools. They are the “ex-white” schools.