Onderwysers meer as goud werd

“Die geld is te min, die geld kom te laat in die maand, die geld hou nie tot die volgende maand nie en die verhogings is te klein!”. Dit is die klagte van onderwysers. Ek het egter gou agter gekom waaroor dit eintlik gaan. Dit gaan nie, net, oor geld nie, maar eintlik gaan dit oor ‘n gebrek aan waardering.

Onderwysers meer as goud werd

Dit is al van kleins af in my ingeprent dat mens nie in die publiek oor geld moet praat nie. Of dit nou reg of verkeerd is, en of my ouers nou bedoel het om dit vir my te leer of nie, dis iets wat ek al van my kindsdae af glo. Dus was dit nogal ‘n aanpassing toe ek begin onderwys gee en die ander onderwysers sommer al van die begin af so oop en bloot oor geld praat. Of eerder… oor geld kla!

“Die geld is te min, die geld kom te laat in die maand, die geld hou nie tot die volgende maand nie en die verhogings is te klein!”. Dit is die tipe klagtes wat ek moes aanhoor.

Dit was nogal iets om aan gewoond te raak, want ek was op daardie stadium tog net te dankbaar om ‘n werk te hê. Ek het egter gou agter gekom waaroor dit eintlik gaan. Dit gaan nie, net, oor geld nie, maar eintlik gaan dit oor ‘n gebrek aan waardering.

Ja, hierdie kwartaal veral is besonder kort en die hoeveelheid werk wat gedoen moet word is besonder baie, maar tog dink ek dat as onderwysers net meer bedank en waardeer word vir wat hulle doen, hulle minder sal kla oor geld. Onderwysers wil ook maar net weet dat hulle nie verniet moeite doen nie!

Daar is sekere mense wat voorheen in die onderwys was en besluit het dat die geld te min is en die werk te veel is en daarom onderwys verlaat het, en ek respekteer ook daardie besluit. Tog weet ek, dat ten spyte van die nadele van onderwys in Suid-Afrika, is die gevoel wat jy kry wanneer jy agterkom dat daar selfs net een leerder is wat jou moeite waardeer, dat daardie gevoel dit alles die moeite werd maak. Dit is immers waarom al hierdie kla-kouse nog in die onderwys bly!

So, aan alle onderwysers, wanneer een van jou kollegas weer kla oor geld, herinner asseblief daardie kollega aan die “vergoeding” van sien dat jou leerders vorder in hul werk na aanleiding van moeite wat jy gedoen het. Sê tog ook asseblief net vir daardie kollega dat jy hom/haar raak sien en waardeer!

Sterkte met die res van die kort kwartaal en mag die opstel van eksamen-vraestelle julle nie te veel laat nagte gee nie! Ek waardeer julle moeite!

, , , ,

3 Responses to “Onderwysers meer as goud werd”

  1. Dereck Marnewick
    April 30, 2010 at 7:30 pm #

    Wow, what a powerful message of encouragement!

    I left teaching 14 years ago and every day am reminded of the immense value of teachers, especially to those at Monte Vista Priamery, Boston Primary and The Settlers High who helped in my emotional, spiritual and academic development. To mention but a few: Mr Goosen, Mr Roux, Mr Rheeler, Mr Jones, Mrs Blignaut and Mr Roos.

    Also all the Gold Medal teachers who added such value to the development of my children, Adrian and Nicole, at Boston Primary, Panorama Primary and Edgemead High. Special mention of Mr Zimmermann and Dr Malcolm Venter.

    You are all worthy of a Gold Medal.

  2. Lunko Rapudungoane
    May 2, 2010 at 1:59 am #

    Ja, Nadia, ek se maar dat jy dit op die regte kol ingespyker. Dit is eintlik nie oor die vergoeding maar oor die waardering. As die regering net kan besef dat al hierdie mense (Onnies) eintlik die toekoms van die land kontroleer, dan sal dit maklik wees om op die waardering klem te kan le. Waardering gee ‘n mens die ontdekking dat jou sweet nie net tot die vel uitsteek nie soos ‘n arme honds’n nie, maar dat dit wel heeltemal uit die liggaam uit gaan tot ‘n punt waar almal dit kan sien. Dit is eintlik na die verkoeling dat’n mens weer krag bymekaar skraap om weer te sweet. As ons nie gewaardeer word nie, kry ons nie weer krag om voort te gaan nie. Dankie dat jy my hirender dat ek wel meer as goud werd is. Verskoon my tog vir hierdie geroeste Afrikaans wat ek probeer skryf het, dit is my derde taal en ek voel ek moet dit deur jou bietjie olie gee…lol

  3. Daleen
    February 9, 2012 at 11:07 am #

    Ek hou nou al agt jaar skool by’n gekombineerde skool, KK, Afrikaans, Engels…..ek glo ek is ‘n goeie onderwyseres wat ook baie lief is vir kinders. Ek is onlangs deer my hoof in kennis gestel as ek nie “n SAGE nommer het by Maart 2012, laat ek hom geen alternatief nie. Ek het geen Diploma nie maar het al die kennis en praktiese ondervinding wat benodig word. My argument is hoekom het die hoof my solank aan gehou en ewe skielik is my dienste nie meer goed genoeg nie. As daar dalk iemand daar buite is wat my kan help met “n betrekking, kan jy my kontak by die bogenoemde e-mail addres.

Leave a Reply

Leave your opinion here. Please be nice. Your Email address will be kept private.

Switch to our mobile site