Half-jaar lesse

Ek deel hierdie twee stories omdat dit iets illustreer van wat ek geleer het oor die onderwys en van myself oor die laaste twee kwartale. As jy ooit onseker is oor wie jy is en oor wat vir jou belangrik is, gaan gee onderwys, want dit plaas jou gou in situasies waar jy onverwags uitvind watter tipe persoon jy werklik is.

Half-jaar lesse

Half-jaar lesse

Vandag het ek twee stories om te vertel, twee gesprekke wat ek in die laaste tyd gehad het.

Nou die dag sê iemand vir my: “You’ve been teaching for a whole two terms now!”

Toe ek dit hoor dink ek by myself: “Ja, ek kan nie glo ek het twee kwartale oorleef nie!”

Toe ek egter later daaroor dink, kon ek aan myself erken dat ek eintlik nie verbaas is dat ek die twee kwartale oorleef het nie, nee, ek is eerder verbaas dat ek na die twee kwartale nogsteeds passievol is oor onderwys en daar kinders is oor wie se lewens ek werklik omgee. Ek het nooit gedink dat die kinders so gou in my hart sou inkruip nie.

Een van my kollegas vertel laas week vir my van ‘n gesprek wat sy met haar seun, wat nou in Australië woon, gehad het. Sy sê sy het met hom gepraat oor dit wat sy in haar lewe bereik het en hoe sy voel dat sy nie eintlik enigiets wonderlik gedoen het met haar lewe nie.

Haar seun sê toe vir haar, dat buiten die feit dat sy twee van haar eie kinders groot gemaak het, het sy ook oor die jare ‘n invloed gehad op duisende kinders se lewens. Ek is seker dat baie van haar vorige studente vertel nou vir hul eie kinders van daardie onderwyseres wat hulle op hoërskool gehad het, wat altyd ‘n glimlag op haar gesig gehad het en ekstra moeite gedoen het met hulle.

Ek deel hierdie twee stories omdat dit iets illustreer van wat ek geleer het oor die onderwys en van myself oor die laaste twee kwartale. As jy ooit onseker is oor wie jy is en oor wat vir jou belangrik is, gaan gee onderwys, want dit plaas jou gou in situasies waar jy onverwags uitvind watter tipe persoon jy werklik is.

Ek sal eerlik wees en sê dat ek nie gedink het ek sal teen die tyd nog so positief wees oor die onderwys nie, en veral nie oor die jongmense van vandag nie, maar ek is. Ten spyte van die slegte dae en tye wat ek voel asof ek sekere kinders wil vermoor, is ek nie spyt dat ek besluit het om hierdie pad te loop nie en sien ek uit na volgende kwartaal!

Nou eers, ‘n heerlike VAKANSIE!!!!

3 Responses to “Half-jaar lesse”

  1. Jenny Marnewick
    June 14, 2010 at 10:08 am #

    Dankie Nadia, dit is so wonderlik om te hoor hoe positief jy is ten spyte van die feit dat daar seker ook baie moeilike dae intussen is. Ek kan sommer hoor dat jy werklik omgee vir die jongmense – hulle gaan vir jou onthou daarvoor – daarvan kan jy baie seker wees! Dit is so lekker om te hoor want ons kom in aanraking met soveel negatiewe onderwysers dat dit soms vir ons ook negatief maak.
    Dankie, en ek wens jou ‘n lekker ruskansie oor die vakansie!

  2. wernadine
    July 20, 2010 at 4:29 pm #

    Dit is werklik moeilik om positief te bly aangesien so baie van ons kollegas om ons so negatief is, maar ek stem saam dis die vereikendste werk wat ‘n mens kan doen, en jy kan elke aand gaan slaap met die wete jy het ‘n verandering gemaak. Veral waar ek in my skool met so baie arm afrikaners werk, vir wie ‘n klein bietjie van jouself gee aan hulle vir hulle so baie beteken

  3. Adrian Marnewick
    July 20, 2010 at 7:23 pm #

    Bravo Wernadine! Very well said.

Leave a Reply

Leave your opinion here. Please be nice. Your Email address will be kept private.

Switch to our mobile site