Teacher's Monthly » Hoërskool Oorlewing 2

“Flashdisk” nie geskikte stoorkamer nie!
Sedert ek begin het in die onderwys in 2010, stoor ek al al my hulpbronne, vraestelle, voorgekrewe gedigte ens. op my “flashdisk”/”memory stick”/ “stokkie” (soos wat my pa dit noem). Sedert 2010 waarsku my man my ook al dat ‘n “flashdisk” slegs ‘n middel is om dokumente mee te vervoer, maar dat dit nie eintlik bedoel is vir die langtermyn stoor van dokumente nie. Die afgelope week het ek my les geleer…

Laasjaar het ek die jaar begin met ‘n “flashdisk” wat reeds half vol was, vol van dokumente van my Universiteitsdae. Die “flashdisk” het so na die eerste kwartaal vol geraak en toe het ek maar net ‘n nuwe een gekry, aangesien ek een van daardie mense is wat te paranoïes is om enigiets af te haal van my “flashdisk” . Ek het baie van die dokumente op die ou “flashdisk” net geskuif na die nuwe een toe en eenvoudig net voort gegaan om ALLES op my “flashdisk” te stoor. Ek het nog gedink ek’s baie oulik omdat ek dan nou sekere dokumente op twee plekke gestoor het. Min het ek geweet hoe tegnologie my in die alie gaan byt…

Alles het goed gegaan tot laas week, toe ek ouder gewoonte in my skool se rekenaarsentrum aan ‘n vraestel werk, dit netjies stoor op my “flashdisk”, en huis toe gaan. Toe ek daardie aand by die huis egter aan hierdie vraestel wil werk, en ek my “flashdisk” insit, was daar absoluut NIKS op my “flashdisk” nie. ‘n Rekenaar-virus het AL my dokumente van my “flashdisk” afgevee, dit nadat ek wel ‘n virus toets op my “flashdisk” gedoen het. Nie my man, my kollegas by die skool of selfs die RTT-onderwyser kon my dokumente red nie. Dit het spoorloos verdwyn en nie eers ‘n enkele sin, komma of punt vir my oorgelos nie!

Alhoewel ek aanvanklik plat geslaan was oor al my verlore werk, het ek gou besef dat dit ‘n les was wat ek eintlik lankal moes geleer het. Nou het ek onderneem om eerder my dokumente op die net te stoor of dit te epos aan myself en slegs my “flashdisk” vir vervoer-doeleindes te gebruik. Onderwysers moet ook nie dink ‘n skootrekenaar is ewe veilig nie, want ‘n paar dae na ek die virus op my “flashdisk” gekry het, het twee van my kollegas ‘n soortgelyke virus op hul skootrekenaars gekry en selfs meer informasie as ek verloor.

Les van die kwartaal: Sorg dat jy AL jou dokumente op meer as een plek stoor en verkieslik nie op ‘n “flashdisk” nie!

Wanneer is ‘n klas te groot?
Die begin van die nuwe skooljaar en die indeel van nuwe klasse het my weereens laat besef hoe ‘n groot verskil die hoeveelheid leerders in jou klas kan maak.

Ek werk by ‘n skool wat in 2011 vriendelik verplig is om te vergroot, wat meegebring het dat al die klasse vergroot het. My kleinste klas het nou 30 leerders en my grootste klas 36. Dit kan nogal moeilik wees, veral aangesien ek tale gee, en daarom moet ek veral streng wees met my groter klasse. Tog is ek nie die onderwyser in ons skool met die grootste klasse nie. Ons Lewenwetenskap onderwyser sit met ‘n graad 10 klas van 56 leerders. Ons Wiskunde Geletterdheid onderwyser sit met ‘n graad 11 klas van 53 leerders. Is dit wat die grootte van ‘n klas aanvaarbaar maak die tipe onderwyser, of die tipe kind, die ouderdom van die kind, of is daar ‘n standaard waarby gebly moet word?

Ek hoor van onderwysers in ander skole wat kla wanneer hulle vir 28 leerders moet skoolhou en dit terwyl hulle nog assistente en “inter-active whiteboards” en rekenaars het as hulpmiddels. Tog verstaan ek hoe dit voel om oorweldig te wees deur leerders wat met afwagting na jou kyk en nie verstaan dat net hul teenwoordigheid alreeds vir jou moeg maak nie. Tog wil ek nie net kla nie.

Wat ek werklik wil weet is wat die ideale grootte van ‘n  klas is vir effektiewe, doelgerigte onderrig? In taal-klasse is interaksie tussen leerders belangrik vir kreatiewe denke en veral vir wanneer daar groepwerk gebruik word in ‘n les. Tog kan dit moeilik raak om te hanteer as die klas te groot is.

Behoort die maksimum grootte van ‘n klas 25, 28, of 30 te wees? Laat my weet wat julle dink.

Groete

Nuwe Jaar Wense
So 2011 is hier! ‘n Nuwe jaar met nuwe leerders en nuwe uitdagings is hier om aangepak te word!

2010 was nie net die jaar van die sokker wêreldbeker nie, maar op ‘n persoonlike vlak was dit vir my ook ‘n groot jaar met die dat dit my eerste jaar in die onderwys was en dat ek ook in Desember getrou het. Nou dat ek terug is van ‘n ongelooflike vakansie is dit tyd om te begin dink en beplan vir die jaar wat voorlê.

Ek is trots om te kan sê dat ek nie net my eerste jaar in die onderwys oorleef het nie, maar dat ek dit geniet het! Ja, daar was baie moeilike dae, maar uiteindelik het ek dit geniet om by die kinders te leer en om vir hulle in die wêreld van Engelse literatuur te verwelkom. Boonop het ek gister uitgevind dat al my matriek leerders Engels geslaag het en een van hulle ‘n onderskeiding vir die vak behaal het.

In 2011 het ek, soos baie ander onderwysers seker, ‘n klomp doelwitte en idees en wil ek daarna strewe om my lesse meer interresant en opwindend te maak vir my leerders. Ek het beslis baie laas jaar geleer oor wat werk en wat nie werk in lesse nie. Ek was dikwels verbaas oor dit wat die leerders interresant gevind het, byvoorbeeld my Graaad 11 klas wat Macbeth so geniet het,  en terselftertyd teleurgesteld wanneer leerders nie deelgeneem het aan lesse soos wat ek verwag het nie. Elk van hierdie ervarings het my egter iets geleer en daarvolgens sal ek vanjaar my lesplanne aanpas.

Sterkte aan almal met die jaar wat voorlê! Mag julle lesse interresanter, uitslae beter, en algehele ervaring van onderwys meer positief wees as in 2010!

“Asseblief onnie, kan ek nog kry?” – Skole soos Oliver Twist of Scrooge.
Ek was nog nooit een wat myself te veel bekommer het oor geld nie. Dit was maar nog altyd net ‘n aaklige deel van die lewe. Aaklig as jy dit nie het nie, maar nodig het. Dus toe ek aan die begin van 2010 ‘n pos aanvaar by ‘n skool wat finansieel sukkel het ek niks daarvan gedink nie en soos altyd net vas gehou daaraan dat God sal voorsien. Nou nog glo ek dit.

In die afgelope paar maande het my oë egter oop gegaan oor  die verskil wat geld kan maak aan die opvoeding wat leerders in skole kry. Nou verstaan ek hoekom die slaagsyfers gewoonlik  laer is in die sogenaamde “township”-skole in ons land, waar daar dikwels nie eers geld is vir elektrisiteit en water nie, wat nog te sê van “interactive whiteboards”, “laptops” en data-videoprojektors. Ek is self by ‘n skool wat nie die geld het om hierdie fantastiese onderrig middele te koop nie en wanneer ons na kluster-vergaderings by ryk skole gaan, kan ons net met jaloesie verby hul laboratoriums stap waar daar splinternuwe mikroskope op elke werktafel staan.

Die feit is dat sommige ouers nie geld het om skoolfonds te betaal nie en daarom die skool nie die geld het om enige ekstras te koop nie. Die grootste frustrasie wat ek hieroor het is nie die werklose ouers of beheerliggaam wat sukkel om fondse  in te samel nie, maar eerder die feit dat my skool binne ‘n radius van omtrent 10 kilometer van 5 van die land se beste en rykste publieke skole is. Wat het geword van die dae wat mense mekaar gehelp het en skole na mekaar kon uitreik sonder skaamte of trots?

Ek wil niemand blameer of vingers wys nie en ek verstaan dat elke skool eintlik in sy eie wêreld is en besig is met sy eie dinge, maar tog dink ek is dit ‘n groot onreg dat ryk en arm feitlik langs mekaar is en daar niks gedoen word om brûe te bou tussen die twee nie. Dit kan natuurlik nie net gesê word van skole nie, maar ook die moderne samelewing en het hierdie ervaring my laat besef hoe belangrik dit is om uit te reik na jou medemens.

So wil ek ‘n beroep doen op die lesers om in die vierde kwartaal uit te reik na iemand in ‘n skool na aan jou wat jy weet waarskynlik finansieel sukkel. Dit hoef nie iets groot te wees nie, al is dit net ‘n gebaar help dit ons onnies van die arm skole om te weet dat die rykes net bewus is van ons.

Sterkte met die vierde kwartaal!!

Half-jaar lesse
Half-jaar lesse

Vandag het ek twee stories om te vertel, twee gesprekke wat ek in die laaste tyd gehad het.

Nou die dag sê iemand vir my: “You’ve been teaching for a whole two terms now!”

Toe ek dit hoor dink ek by myself: “Ja, ek kan nie glo ek het twee kwartale oorleef nie!”

Toe ek egter later daaroor dink, kon ek aan myself erken dat ek eintlik nie verbaas is dat ek die twee kwartale oorleef het nie, nee, ek is eerder verbaas dat ek na die twee kwartale nogsteeds passievol is oor onderwys en daar kinders is oor wie se lewens ek werklik omgee. Ek het nooit gedink dat die kinders so gou in my hart sou inkruip nie.

Een van my kollegas vertel laas week vir my van ‘n gesprek wat sy met haar seun, wat nou in Australië woon, gehad het. Sy sê sy het met hom gepraat oor dit wat sy in haar lewe bereik het en hoe sy voel dat sy nie eintlik enigiets wonderlik gedoen het met haar lewe nie.

Haar seun sê toe vir haar, dat buiten die feit dat sy twee van haar eie kinders groot gemaak het, het sy ook oor die jare ‘n invloed gehad op duisende kinders se lewens. Ek is seker dat baie van haar vorige studente vertel nou vir hul eie kinders van daardie onderwyseres wat hulle op hoërskool gehad het, wat altyd ‘n glimlag op haar gesig gehad het en ekstra moeite gedoen het met hulle.

Ek deel hierdie twee stories omdat dit iets illustreer van wat ek geleer het oor die onderwys en van myself oor die laaste twee kwartale. As jy ooit onseker is oor wie jy is en oor wat vir jou belangrik is, gaan gee onderwys, want dit plaas jou gou in situasies waar jy onverwags uitvind watter tipe persoon jy werklik is.

Ek sal eerlik wees en sê dat ek nie gedink het ek sal teen die tyd nog so positief wees oor die onderwys nie, en veral nie oor die jongmense van vandag nie, maar ek is. Ten spyte van die slegte dae en tye wat ek voel asof ek sekere kinders wil vermoor, is ek nie spyt dat ek besluit het om hierdie pad te loop nie en sien ek uit na volgende kwartaal!

Nou eers, ‘n heerlike VAKANSIE!!!!

Onderwysers meer as goud werd
Dit is al van kleins af in my ingeprent dat mens nie in die publiek oor geld moet praat nie. Of dit nou reg of verkeerd is, en of my ouers nou bedoel het om dit vir my te leer of nie, dis iets wat ek al van my kindsdae af glo. Dus was dit nogal ‘n aanpassing toe ek begin onderwys gee en die ander onderwysers sommer al van die begin af so oop en bloot oor geld praat. Of eerder… oor geld kla!

“Die geld is te min, die geld kom te laat in die maand, die geld hou nie tot die volgende maand nie en die verhogings is te klein!”. Dit is die tipe klagtes wat ek moes aanhoor.

Dit was nogal iets om aan gewoond te raak, want ek was op daardie stadium tog net te dankbaar om ‘n werk te hê. Ek het egter gou agter gekom waaroor dit eintlik gaan. Dit gaan nie, net, oor geld nie, maar eintlik gaan dit oor ‘n gebrek aan waardering.

Ja, hierdie kwartaal veral is besonder kort en die hoeveelheid werk wat gedoen moet word is besonder baie, maar tog dink ek dat as onderwysers net meer bedank en waardeer word vir wat hulle doen, hulle minder sal kla oor geld. Onderwysers wil ook maar net weet dat hulle nie verniet moeite doen nie!

Daar is sekere mense wat voorheen in die onderwys was en besluit het dat die geld te min is en die werk te veel is en daarom onderwys verlaat het, en ek respekteer ook daardie besluit. Tog weet ek, dat ten spyte van die nadele van onderwys in Suid-Afrika, is die gevoel wat jy kry wanneer jy agterkom dat daar selfs net een leerder is wat jou moeite waardeer, dat daardie gevoel dit alles die moeite werd maak. Dit is immers waarom al hierdie kla-kouse nog in die onderwys bly!

So, aan alle onderwysers, wanneer een van jou kollegas weer kla oor geld, herinner asseblief daardie kollega aan die “vergoeding” van sien dat jou leerders vorder in hul werk na aanleiding van moeite wat jy gedoen het. Sê tog ook asseblief net vir daardie kollega dat jy hom/haar raak sien en waardeer!

Sterkte met die res van die kort kwartaal en mag die opstel van eksamen-vraestelle julle nie te veel laat nagte gee nie! Ek waardeer julle moeite!

Watter tipe opvoeder is jy?
Watter tipe opvoeder is jy?

In my kort tydjie as opvoeder en my 12 jaar as leerder, het ek nou al besef dat daar baie verskillende tipes opvoeders is.

Soos enige ander leerder, het ek ook toe ek op hoërskool was gunsteling onderwysers gehad. Dit is natuurlik die onderwysers en onderwyseresse wat ek die beste onthou.

Mev. Lingenfelder was my onderwyseres vir Afrikaans. Ek onthou haar helder seegroen oë, maar meestal hoe passievol sy was oor Afrikaans, hoe baie sy omgegee het vir ons, hoe baie moeite sy gedoen het vir ons en hoe sy “Kringe in ‘n bos” oor en oor met ons deur gewerk het.

Dan was daar ook Mnr. Hubinger, my isiXhosa onderwyser, wat dit reg gekry het om isiXhosa toeganklik te maak vir ‘n klas vol wit middelklas leerders wie se enigste blootstelling aan isiXhosa op daardie stadium, die isiXhosa-nuus was. Ek onthou hoe maklik hy isiXhosa laat lyk het, en hoe hy ons aangemoedig het.

Mev. Louw was my Kunsgeskiedenis onderwyseres. Sy het vir ons boeke vol skilderye gewys en kon met soveel entoesiasme oor die skilderye praat, dat sy vir ons ook entoesiasties daaroor gemaak het. Dit is te danke aan haar moeite en passie dat ek op die ou end so suksesvol was in Kunsgeskiedenis en dit nou nog een van my belangstellings is.

As ek dink aan hierdie, en ander, opvoeders wat my skoolloopbaan gevorm het, besef ek dat die kwaliteite wat, in my seining, die belangrikste is vir ‘n opvoeder om te hê, passie vir ‘n vak en empatie met leerders is. Natuurlik gaan dit gepaard met ander kwaliteite ook, maar sonder hierdie kwaliteite is dit nie aangenaam vir ‘n leerder om ‘n vak te neem nie en is die akademiese resultate gewoonlik ook nie so suksesvol nie.

Ek dink dat dit belangrik is dat elke opvoeder besluit watter tipe opvoeder hy/sy wil wees. Te veel word ons vasgevang in ‘n roetine waar die fokus weg beweeg van passie en empatie, en eerder val op dissipline en taak-voltooiing. Dit is nie dat hierdie dinge onbelangrik is nie, inteendeel daar sonder sal ons glad nie kan skoolhou nie, maar wanneer ons as opvoeders nie meer passie het vir ons vakke nie en ook nie meer empatie het met die leerders nie, word ons roeping as opvoeders ‘n vervelige, betekenislose aktiwiteit.

Ek dink daarom dat dit belangrik is dat ons as opvoeders her-evalueer watter tipe opvoeders ons is, en besluit of ons self die tipe opvoeders is wat ons die meeste waardeer het toe ons op skool was…

Die Begin
Ek is ‘n gegradueerde Sielkunde student, wat aan die einde van 2009 besluit het om aansoek te doen vir onder andere ‘n paar onderwysposte, aanvanklik net om te kyk of ek vir enige onderhoude genooi sou word. Eers toe ek vir my eerste onderhoud genooi is, het ek dit regtig ernstig begin oorweeg, en toe ek ‘n pos aangebied is by ‘n skool, het ek besluit dit sal vir my ‘n goeie uitdaging wees om die pos te aanvaar.

Ek wil nie voorgee dat ek ooit myself gesien het as onderwyser nie, en daarom was dit nogal ‘n aanpassing om weer gewoond te raak aan die roetine van skoolgaan. Soos enige jong onderwyser, was ek aanvanklik skepties en selfs ‘n bietjie skrikkerig, veral aangesien ek juis bewus is, vanuit my Sielkundige agtergrond, van die probleme wat hedendaagse tieners moet hanteer en die kinders wat ek sou onderrig uit sogenaamde “minder-bevoorregte” areas kom.

Ek sal eerlik wees en sê dat daar meer as een keer beelde van mes-gevegte, vuis-gevegte en bek-gevegte in my geestesoog verby geflits het, in die weke voordat skool begin het. Met my “veglustige” gedagtes het ek toe my nuwe hoërskool betree, nie werklik seker van wat op my wag nie.

Ek sal wil kan sê dat al my vrese van my nuwe hoërskool verniet was, maar soos wat dit dikwels in die realiteit werk, was dit nie die geval nie. Tog, het ek gevind dat tieners nie heeltemal so anders is as wat ek hulle onthou nie. Ja, daar was al ‘n paar vuis-gevegte en meer as ‘n paar beledigings en konfrontasies tussen kinders wat ek en my kollegas al moes hanteer, maar tog vind ek dat die tieners van vandag in baie maniere nog baie dieselfde is as wat ek hulle onthou. Daar is nogsteeds die raserige kinders, altyd vol grappies, die stil kinders wat nie raak gesien wil word nie, die verliefdes, die dag-dromers en daardie kinders wat net wil hê iemand moet vir hulle ‘n bietjie aandag gee.

Ek het reeds genoem dat my nuwe hoërskool ‘n skool is wat bestaan uit hoofsaaklik “minder-bevoorregte” leerders, en ek reeds voor die skooljaar begin het deur van my kollegas ingelig is oor die moeilike, soms ondenkbare, situasies waardeur baie van die leerders al moes kom. Dus was dit onmiddelik opvallend hoe vreugdevol meeste van die kinders in my hoërskool is, en enige geleentheid gebruik om dit vir my as onderwyser te wys. Of dit nou is om vir my te groet met ‘n groot glimlag, vir my te waai na skool, of vir my te kom vertel van hul families, is dit ongelooflik hoe hierdie leerders skool kan gebruik om, selfs net vir ‘n kort rukkie, van hul probleme te vergeet.

Ek is alreeds bewus daarvan dat dit nie maklik is om ‘n onderwyser te wees nie, en ek weet dat ek waarskynlik voor die einde van die jaar ‘n paar keer die handdoek (of handboek) gaan wil ingooi, maar ek het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor my leerders om die beste onderrig te gee wat ek kan. Ek noem dit MY nuwe hoërskool omdat ek as onderwyser onlosmaaklik deel is van die sisteem, en op my eie manier ook (weer) hoërskool moet oorleef.